Die belangrikste stuk persoonlike toerusting vir ’n motorfietsryer is ’n motorfietshelm. Die wet vereis dat alle motorfietsryers en hul duopassasiers of syspanpassasiers ’n goedgekeurde motorfietshelm dra.
Daar is baie tipes en style motorfietshelms beskikbaar, met twee hooftipes:
• Die volgesig- en oopgesighelms.
• Volgesighelms het ’n kenpaneel met ’n geïntegreerde gesigskerm (visier) wat beter oog-, wind-, son- en beseringsbeskerming bied.
• Jou helm moet SABS-goedgekeur wees.
• Dit moet gemaklik pas, maar nie te styf nie (vermy los helms).
• Die kenband moet vasgemaak en behoorlik vasgetrek wees.
Helms behoort:
• vervang te word ná ’n botsing of ’n beduidende impak.
• vervang te word as hulle los begin pas, of die bande verslyt raak.
• slegs met matige seepwater skoongemaak te word. Sommige chemikalieë en skoonmaakmiddels kan die dop verswak.
Jou oë het beskerming nodig teen die wind, stof, reën, insekte en klippe wat deur ander voertuie opgegooi word. Slegs ’n visier wat aan die helm vas is, of ’n stofbril, bied die oogbeskerming wat vir ry nodig is.
Sommige motorfietse het skerms of stroomlynkappe om weerbeskerming te bied. Hierdie bied nie voldoende beskerming vir die oë nie, en jy behoort steeds ’n visier of stofbril te gebruik om jou oë te beskerm.
Visiere en stofbrille behoort:
• skoon en ongekrap te wees.
• splinterbestand te wees.
• helder lense vir gebruik snags te hê.
Pass