Handskoene wat spesifiek vir motorfietsry ontwerp is, sal ryergemak en -beskerming verbeter.
Motorfietshandskoene het gewoonlik:
• ’n versterkte handpalmarea wat vir ry gevorm is.
• Kneukelbeskerming.
• ’n Sluiting om die pols om te verhoed dat hulle afgly (bv. rits en Velcro).
• ’n Oorvleueling met die baadjie (kapstyl).
Doelgemaakte motorfietsklere bied beter weer- en botsingsbeskerming as gewone klere. In behoorlike motorfietstoerusting sal jy byna seker meer gemaklik voel.
Baadjie en broek behoort:
• hoogs skuur- en skeurbestand te wees.
• vir ’n ryposisie gesny te wees.
• jou arms, bene en liggaam heeltemal te bedek.
• om die pols, middel en enkels vas te maak om te verhoed dat hulle opskuif en vel blootstel.
• impak- en skuurbeskerming vir jou rug, skouers, elmboë, heupe en knieë te hê.
Soos handskoene, sal skoeisel wat vir motorfietsry ontwerp is, uitstekende gemak en beskerming bied.
Motorfietsskoeisel het gewoonlik:
• versterking in die voetboog tussen die bal van die voet en die hak.
• Enkelbeskerming.
• Skeenbeskerming.
• ’n Sluiting om die been om te verhoed dat hulle afgly (bv. rits en Velcro).
• ’n Oorvleueling met die broek (stewelstyl).
Ander beskermende klere spesifiek vir ryers sluit in:
• Rugbeskermers om jou ruggraat in ’n botsing te beskerm.
• Niergordels om jou onderrug te ondersteun en moegheid te verminder.
Pass