Uitsteeksels / Oorhang
Motorfiets
’n Motorfiets mag nie op ’n openbare pad gebruik word nie indien enige goedere wat daarop of op enige syspan vervoer word, meer uitsteek —
- as 600 millimeter na die voorkant van die as van die voorwiel,
- as 900 millimeter na die agterkant van die as van die agterwiel,
- as 450 millimeter aan weerskante van die wiele, en
- as 300 millimeter na die buitekant van die wiel van die syspan.
Motorvoertuie
’n Ligte en swaar motorvoertuig mag nie op ’n openbare pad gebruik word terwyl dit goedere vervoer wat uitsteek nie:
- a) aan weerskante van die langsmiddellyn van die voertuig met meer as;
- i. in die geval van ’n bus of ’n goederevoertuig waarvan die bruto voertuigmassa 12 000 kilogram oorskry — 1,3 meter, of (dus is die maksimum breedte van goedere 2,6 meter)
- ii. in die geval van enige ander voertuig, 1,25 meter. (dus is die maksimum breedte van goedere 2,5 meter)
Met dien verstande dat enige syspieël of rigtingaanwyser op die voertuig nie in ag geneem word nie;
’n Ligte en swaar motorvoertuig mag nie op ’n openbare pad gebruik word terwyl dit goedere vervoer wat uitsteek nie:
- a) meer as 300 millimeter verby die voorpunt van die voertuig.
- b) meer as 1,8 meter verby die agterpunt van die voertuig.
’n Ligte en swaar motorvoertuig mag nie op ’n openbare pad gebruik word nie:
- waarvan enige draer meer as 150 millimeter verby die wydste deel van die voertuig uitsteek. (Sytruspieëls of rigtingaanwysers is uitgesluit)
Pass