Geverfde eiland
Waar: Op enige pad.
Doel: Om bestuurders te verbied om in hierdie area te ry.
Optrede: Ry so dat jy nie op die eiland stilhou, parkeer of daaroor ry nie, tensy op die bevel van ’n verkeers- of polisiebeampte, om ’n botsing te vermy, of in ’n noodgeval.
Parkeervak
Waar: Op enige pad, veral in stedelike gebiede.
Doel: Om aan te dui waar jy mag parkeer.
Optrede: Maak seker dat jou voertuig heeltemal binne die lyne staan wat die parkeervak merk.
In die geval van skuinsparkering moet jy so ver as moontlik van die pad af parkeer, met die voorkant van jou voertuig nie verder as 150 mm van die randsteen nie, maar geen deel van die voertuig mag op of oor die sypaadjie wees nie.
Eksklusiewe parkeervak
Waar: By parkeervakke.
Doel: Om parkering aan te dui slegs vir padgebruikers wat deur die simbool geïdentifiseer word.
Optrede: Indien jy nie deel is van die groep wat deur die teken geïdentifiseer word nie, mag jy nie hier parkeer nie.
In ’n noodgeval mag jy stilhou of parkeer by die teken wat die SOS-telefoon aandui.
Slegs goederevoertuie mag stilhou of parkeer in die afgebakende area wat ’n laaisone aandui.
- A – AMBULANS
- B – BUS
- L – LAAISONE
- T – TAXI
- F – BRANDBESTRYDING
- R – RIKSJA
- CD – DIPLOMATIEK
- MB – MINIBUS
- SOS – SOS-TELEFOON
- D – WEERMAG
- P – SUID-AFRIKAANSE POLISIEDIENS
Pass