Skeidingslyne – waarskuwingsmerke
Waar: Op enige pad met tweerigtingverkeer.
Doel: Om te waarsku dat voertuie aan die ander kant van die padmerk in die teenoorgestelde rigting beweeg.
Optrede: Kyk uit vir naderende voertuie wat na jou kant van die pad kan oorbeweeg.
Omkeerbare baanlyne
Waar: Op enige pad.
Doel: Om bestuurders te waarsku dat die baan wat deur hierdie merk aangedui word, op verskillende tye van die dag of nag vir verkeer uit die teenoorgestelde rigting gebruik kan word.
Optrede: Kyk uit vir naderende voertuie.
Toegeebeheer voor – waarskuwingsmerke
Waar: Op enige pad voordat jy by ’n kruising kom.
Doel: Om te waarsku dat daar ’n toegeeteken voorlê.
Optrede: Ry stadiger indien ander verkeer die kruising nader, en hou stil indien nodig.
Baanverminderingspyle
Waar: Op ’n meerbaanryweg.
Doel: Om te waarsku dat die verkeersbane van links of regs, of van albei kante, verminder word.
Optrede: Verwissel betyds van baan indien die baan waarin jy ry eindig. Kyk na albei blinde kolle waar twee bane van weerskante af eindig.
Pass