Aanwysingstekens

Verstaan Roetewysers

Roetewysers

Vooraf-roetewyser

Waar: Aan die linkerkant van ’n pad.

Doel: Om die rigting aan te dui wat jy moet volg om by die belangriker roete uit te kom.

Optrede: Volg die padtekens indien jy by die belangriker roete wil aansluit, en kyk uit vir die volgende roetewyser.

Vooraf-roetewyser wat die pad na ’n hoofroete aandui

Vooraf-vervoerroetewyser

Waar: Aan die linkerkant van enige pad wat nie ’n snelweg is nie.

Doel: Om die rigting na ’n vervoerterminus aan te dui vanaf ’n roete wat jou andersins by ’n bustterminus, hawe, lughawe of helikopterblad sou verbyneem.

Optrede: Volg die padtekens indien jy na die terminus wil gaan, en kyk uit vir die vervoerroetewyser wat volg.

Vooraf-vervoerroetewyser na ’n vervoerterminus

Kaarttipe vooraf-roetewyser

Waar: Aan die linkerkant van enige pad waar twee roetes by die genommerde roete aansluit deur middel van ’n stel eenrigtingrywee.

Doel: Om aan te dui dat ’n roete van gelyke of hoër status binnegegaan kan word vanaf die pad waarop jy ry. Hierdie nuwe roete bestaan uit ’n paar eenrigtingrywee.

Optrede: Jy moet vooraf weet in watter rigting jy wil ry, bv. Noord (N) of Suid (S).

Kaarttipe vooraf-roetewyser met ’n diagram van die aansluiting

Alternatiewe roetemerker

Waar: By die kruising van tol- en alternatiewe roetes.

Doel: Om aan te dui dat ’n ander roete as die tolroete gevolg kan word.

Optrede: Besluit vooraf of jy die tol- of die alternatiewe roete wil neem. Indien jy die alternatiewe roete wil neem, ry stadiger vir die kruising. Onthou dat die alternatiewe roete gewoonlik nie van dieselfde hoë standaard as die tolroete is nie.

Merker vir ’n alternatiewe roete by ’n tolpad